Welkom by die webwerf van die NG Moederkerk Stellenbosch. Ons is die tweede oudste gemeente in die land, gestig in 1686. Met hierdie geloofsgemeenskap het die Here al 'n lang pad geloop. Die wonderlikste is egter vir ons dat dieselfde Here van die afgelope meer as 325 jaar ons ook op 'n opwindende manier die toekoms binnelei. Dwaal gerus rond hier in ons webwerf en maak jouself tuis. Kontak ons vir enige navrae. En mag jy ook deel van 'n Rivier van Lewende Water vir ons wêreld wees vandag.
Sondag se eredienste
Sondag 26 Mei
MOEDERKERK 09:30
Hannes Koornhof
TEMA: Drie-eenheid Sondag
TEKS: Joh 16:1-15
Bybellees- en
Preekrooster vir
Tweede Kwartaal
Sondag 26 Mei
MOEDERKERK 19:00
Marié Britz
Sondag 26 Mei
KRUISKERK (KHAYA) 10:45
Engelstalige diens
KRUISKERK 19:00
Richard van Wyk
Sondag se Kinderbediening
Kleuters & Peuters
Die 5-6 jariges kom gedurende die skoolkwartaal na die Kerkhuis (langs die kerkgebou).
Kontakpersoon:
Marlé Fourie by 082 462 3616 of fouriestb@gmail.com
Junior Kategese
Die graad 1-7's kom Sondae eers kerk toe vir 'n kort kindertyd en gaan word daarna begelei na die Hofmeyrsaal.
Kontakpersoon:
Thea Theron by 021 887 8484 of by lofkleuters@gmail.com
Senior Kategese
Die graad 8-12's kom vanaand om 19:00 in die Hofmeyrsaal bymekaar vir 'n "Jeugweek-vibe" diens.
Belydenisgroep
Die graad 11's kom Woensdae om 18:00 bymekaar by die Hofmeyrsaal in Kerkstraat.
Kontakpersoon:
Henco van der Westhuizen by
072 180 8181 of henco@moederkerk.co.za
Wat’s nuut?
Moederkerk Beursfonds
Jou werk maak saak
Wat het Sondag en Maandag tot Vrydag met mekaar te make? Baie! Jou werk maak saak vir God. Kyk ook na 'n Youtube video oor werk as aanbidding - en laat ons praat oor die betekenis van werk in die Koninkryk van God. Ons God@Work inisiatief wil in 2013 gesprekke hieroor fasiliteer. Gaan kyk ook na www.call42.co.za watter navorsing plaaslik hieroor gedoen word.
Halleluja!
Onlangs het die hele gemeente tydens 'n erediens die Halleluja koor gesing, onder leiding van die dirigent van die Libertaskoor, Johann de Villiers. Dit kan gesien word op Youtube deur hier te kliek.
Huweliksvoorbereiding
Ons baie gewilde huweliksvoorbereidingskursus neem weer op 23 Julie om 19:00 in die Hofmeyrsaal 'n aanvang. Die kursus loop oor 7 Dinsdagaande. Plek is beperk, bespreek vroegtydig by elaine@moederkerk.co.za. Dis koste is R400. Vir meer inligting kliek HIER.
Lees die jongste gemeenteblad van
Mei 2013
Kinderbediening
Kliek hier om 'n oorsig oor Moedergemeente se KINDERBEDIENING te kry.
Kliek hier om te REGISTREER vir ons Kinder- en Tienerbediening.
Kliek hier om die program van die BELYDENISGROEP af te laai.
Kliek hier om die Junior Kategese se KWARTAALPROGRAM af te laai.
Kliek hier om die Senior Kategese se KWARTAALPROGRAM af te laai.
Hernuwing van Huweliksbeloftes
Toe Johan en Marie op 3 April 'n volle 20 jaar getroud was, het Johan die huweliksformulier so bietjie aangepas en 'n "Hernuwing van Huweliksbeloftes" opgestel. Die twee dogters het ook elk 'n werkie gehad - die een was die "dominee" en die ander die "videograaf". Dit was vir hulle 'n baie spesiale geleentheid. Kliek hier as jy wil sien hoe so 'n "Hernuwing van Huweliksbeloftes" kan lyk wat jy dalk vir jou huweliksherdenking ook kan gebruik.
Familiewenke
Familiewenk #1 I.p.v. in moedeloosheid tou opgooi omdat ons gesin van koers af is, hou ’n huisvergadering en besluit watter soort gesin ons wil wees - werk ’n reisplan (gesinsvisie) uit en sorg dat julle ’n kompas (gesinswaardes) het vir julle reis. KLIEK HIER OM MEER TE LEER OOR HIERDIE WENK.
Familiewenk #2 Niemand het die reg om enige iemand in die gesin te kritiseer, te verkleineer of te blameer nie. Maak tyd om om ’n tafel te sit waar elkeen die kans kry om iets positiefs oor elkeen in die gesin te sê. KLIEK HIER OM MEER TE LEER OOR HIERDIE WENK.
Familiewenk #3 Elkeen in die gesin neem verantwoordelikheid vir sy/haar gedrag. Daarom druk ons die "pause" knoppie voordat ons reageer en kies ons om volgens ons waardes op te tree. KLIEK HIER OM MEER TE LEER OOR HIERDIE WENK.
Familiewenk #4 Ons doen moeite om elkeen se emosionele tenk vol te maak deur klein dade van liefde KLIEK HIER OM MEER TE LEER OOR HIERDIE WENK.
Familiewenk #5 Ten spyte van ons almal se besige programme, maak ons hierdie week tyd vir mekaar. Probeer as gesin iets lekker saamdoen die week. As ouer, probeer 10 min kwaliteit tyd elke dag met elkeen van jou kinders te spandeer. KLIEK HIER OM MEER TE LEER OOR HIERDIE WENK.
Hierdie week bid ons vir
- Bid vir ons predikante wat die leiding neem by die Pinksterreekse in Kruiskerk en die Hofmeyrsaal.
- Bid dat dit 'n tyd van groot seën en vernuwing vir elke lidmaat sal wees en dat die Heilige Gees al meer beheer oor ons lewens sal kry.
ONS GEMEENSKAP:
- Bid vir almal wat nagskofte werk terwyl ons warm kan slaap.
- Bid vir mediese personeel, polisiemanne/vroue, sekuriteitswagte, petroljoggies en talle ander wat die koue nagte moet trotseer.
- Dank Hom vir die dienste wat hulle lewer in omstandighede wat dikwels uiters moeilik is.
ONS LAND:
- Bid vir hulle wat moet besluit oor ons land se buitelandse beleid en spesifiek ons verhouding met ander Afrika-lande.
- Bid ook vir die miljoene Suid-Afrikaners wat graag wil werk, maar wat vind dat hulle nie oor die vaardighede beskik wat die ekonomie benodig nie; en dat meer en meer van hulle geleenthede gebied sal word om sulke vaardighede te ontwikkel.
DIE WÊRELD:
- Bid vir die byna 900 miljoen mense wêreldwyd wat nie genoeg kos het om te eet nie en, onder andere, tot gevolg het dat daar jaarliks ongeveer 2.6 miljoen kinders jonger as vyf jaar weens ondervoeding sterf.
- Bid vir die beter verspreiding en benutting van voedsel. Daar word beraam dat as gevolg van swak praktyke in die oes, stoor en vervoer van voedsel, sowel as mark- en verbruikersvermorsing, tussen 30 en 50% van die byna 4 miljard ton voedsel wat jaarliks produseer word, nooit enige verbruiker bereik nie.



Matogen