VISIONERINGSBEDIENING
|
KERKRAAD
INSTANDHOUDING
|
FINANSIES
DIENSVERHOUDINGE
VISIONERINGSBEDIENING
Die bestuursbediening word bygestaan deur die Visioneringsbediening, wat voortdurend nadink oor die essensie van ons kerk-van-Christus-vir-die-wêreld-wees.
Kontakpersoon: Willie Conradie
Telefoon: 082 784 1234
E-pos:
wjc@sun.ac.za
KERKRAAD
Die Kerkraad hanteer dag tot dag besluitneming in die gemeente en ondersoek biddend of die gemeente die visie om 'n Rivier van Lewende Water te wees uitleef.
Kontakpersoon: Hannes Koornhof
Telefoon: 082 940 3318
E-pos:
hannes@moederkerk.co.za
INSTANDHOUDING
Hierdie bediening is daarvoor verantwoordelik dat die gemeente se eiendomme in stand gehou word. Geboue en eiendomme in ‘n gemeente het meer as estetiese of funksionele waarde. Dit is ruimtes wat die Here se Gees gebruik om die gemeente op te bou en toe te rus vir almal se roeping en bediening. Lidmate met praktiese gawes en met professionele kundigheid wend deur hierdie Bediening aan om te sorg dat die gemeente se eiendomme en lokale altyd effektief daarvoor gebruik kan word.
Kontakpersoon: Pang Basson
Telefoon: 082 352 5574
E-pos:
pang@moederkerk.co.za
FINANSIES
Die bediening vir finansies is verantwoordelik vir die opstel van begrotings, monitering van werklike uitgawes en die finalisering van finansiële jaarstate. In die geval van kapitaalprojekte sien die bediening toe dat daar voldoende finansiering beskikbaar is.
Kontakpersoon: Niel Krige
Telefoon: 082 800 9048
E-pos:
jdkrige@sun.ac.za
DIENSVERHOUDINGE
Die bediening vir diensverhoudinge behartig die “menslike hulpbronbestuur” van die gemeente. Die behoeftes en leemtes ten opsigte van die voltydse personeel van die gemeente word deurlopend evalueer en wanneer daar vakatures is, behartig hierdie bediening die vul daarvan namens die Kerkraad en in ooreenstemming met die visie van die gemeente. Hierdie bediening strewe daarna om die personeel van die gemeente so te ondersteun dat hulle die gawes en geleentheid wat die Here vir hulle gegee het, op die beste manier kan benut.
Kontakpersoon: Johann Meyer
Telefoon: 021 886 4690
E-pos:
johannmeyer@gmail.com