Belydenisgroep (Graad 11)

Die belydenisgroep word verdeel in kleiner groepe onder leiding van geestelik volwasse studente en werkende jongmense as “mentors”. Elke tweede week kom almal in die groot groep bymekaar. Richard en Johan lei dan gesprekke in ’n reeks, “Die Amazing Geloofsreis”. Ander weke kom die kinders saam met die mentors in hulle kleingroepe bymekaar om die grootgroep-onderwerpe verder uit te pluis. Die grootgroep byeenkomste vind Woensdae 18:00 plaas in die Kerkhuis. Belydenisaflegging vind in graad 12 plaas. Daar is vier geleenthede in die jaar waar dit kan plaasvind. Kinders doen skriftelik aansoek om belydenis van geloof af te lê, met ’n ondersteunende skrywe van hulle ouers.