TRAP DER JEUG
|
TRANSKEI WERKERS-AKSIE
STRAATLIG
|
OXLOS
MOSAMBIEK-AKSIE
|
KAMPE
FUNDA FUNDISA
|
F.L.O.G. (FOR THE LOVE OF GOD)
CANTICUM NOVUM
|
ATLETE VIR CHRISTUS
TRAP DER JEUG
Trap der Jeug bring elke jaar ‘n drama en dans produksie op die planke waarmee hulle jongmense in gemeentes in die Wes-Kaap bedien. Hulle het hiermee saam ‘n jaarlikse fondsinsameling vir drie kinderhuise in die Wes-Kaap naamlik Wellington (Andrew Murray), Robertson (Herberg) en Durbanville. Die span vergader elke Sondagaand om saam Bybelstudie te hou. Hulle toer na die November-eksamens met fietse na die kinderhuise en die skoolverlaterskampe en bedien die kinders en jongmense met hulle produksie en getuienisse.
Kontakpersoon: August Carstens
Telefoon: 082 552 8630
E-pos:
14572648@sun.ac.za
TRANSKEI WERKERS-AKSIE
Hierdie is een van die oudste aksies van die studente wat gedurende die Junie/Julie-vakansie uitreik na die voormalige Transkei (nou Oos-Kaap). ‘n Winterskool word aangebied vir matriekleerders in Cala terwyl ander spanne bou- en herstelwerk by sendingstasies gaan doen.
Kontakpersoon: Marianca Louw
Telefoon: 082 871 5659
E-pos:
15088936@sun.ac.za
STRAATLIG
Straatlig reik uit na die mense wat op Stellenbosch se strate, asook by die Nagskuilings, woon. Die visie van die groep is om God se lig en liefde uit te dra en om hoop te bring aan mense wat stukkend is, minderwaardig voel, verslaaf is en sonder hoop leef.
Aktiwiteite sluit in: bybelstudiebyeenkomste, uitreik op straat met koffie en broodjies, werkskeppingsprojekte, aktiwiteite met kinders (veral kinders wie se ouers haweloos is/was), ensovoorts.
Verhoudings word gebou en hulp word verskaf n.a.v. die behoeftes wat identifiseer word.
Kontakpersoon: Johan Viljoen
Telefoon: 084 547 1143
E-pos:
straatlig@moederkerk.co.za
OXLOS
Oxlos is ‘n uitreikaksie wat hoofsaaklik deur dans en verwante produksies die Koninkryk van God wil uitbrei. Oxlos-oudisies vind aan die begin van elke jaar plaas en betrokkenheid by die span vereis ‘n jaar se “commitment”. Die groep tree gedurende die jaar by gemeentes in die Wes-Kaap op en toer in die Desember-vakansie met hulle produksie na die strandoorde in die Suid-Kaap.
Kontakpersoon: JC de Jongh
Telefoon: 084 584 0925; 082 824 1091
E-pos:
oxlosdans@gmail.com
MOSAMBIEK-AKSIE
Die Mosambiek-evangelisasie en bou-aksie reik elke Junie/Julie-vakansie uit na Mosambiek. Die hooffokus van die span is om die sendelinge daar te gaan ondersteun en bemoedig. Evangelisasiewerk word in noue samewerking met die plaaslike kerk gedoen terwyl die bouspan help met herstel- en opknappingswerk aan geboue.
Kontakpersoon: Dalene Vermeulen
Telefoon: 072 600 1208
E-pos:
15362248@sun.ac.za
KAMPE
Die kampe-bediening neem verantwoordelikheid vir die organisering van die jaarlikse eerstejaarskampe en is ook gedurende die jaar beskikbaar om van hulp te wees met die reël van kampe.
Kontakpersoon: Hanneke Janse van Vuuren
Telefoon: 083 679 3405
E-pos:
14542625@sun.ac.za
FUNDA FUNDISA
Funda Fundisa, “teach and learn”, is ‘n projek waar studente leerders van Kayamandi Hoërskool met ekstra klasse in Wiskunde, Engels en Biologie help. Dit is egter meer as net onderrig-verhoudinge tussen die studente en skoliere. So word kulturele mure tussen Kayamandi en Stellenbosch afgebreek.
Aktiwiteite sluit in: bybelstudiebyeenkomste, uitreik op straat met koffie en broodjies, werkskeppingsprojekte, aktiwiteite met kinders (veral kinders wie se ouers haweloos is/was), ensovoorts.
Verhoudings word gebou en hulp word verskaf n.a.v. die behoeftes wat identifiseer word.
Kontakpersoon: Jeanine Janse van Rensburg
Telefoon: 082 449 1643
E-pos:
fundafundisa@live.co.za
F.L.O.G. (For The Love Of God)
F.L.O.G. help een behoeftige skooltjie per jaar, waar hulle help om soveel moontlike fisiese werk te doen, aandag en liefde te gee en 'n groot Kerspartytjie aan die einde van die jaar te hou. Vanjaar is die betrokkenheid by die Dorothea skool vir gestremde kinders.
Kontakpersoon: Lizanne
Telefoon: 076 782 8681
E-pos:
15434834@sun.ac.za
CANTICUM NOVUM
Canticum Novum is die Kerkkoor van Moedergemeente. Canticum Novum tree gereeld by die eredienste op en ons moedig jonger lidmate aan om hierby in te skakel. Daar is ook elke jaar ‘n geleentheidskoor waar ouer lidmate ook deel word van Canticum.
Kontakpersoon: Annemieke Nel
Telefoon: 083 595 1976
E-pos:
15107930@sun.ac.za
ATLETE VIR CHRISTUS
Atlete vir Christus is ‘n uitreik-aksie wat deur die jaar byeenkom en gedurende die Junie/Julie-vakansie deur Suid-Afrika toer. Die aksie bestaan uit ‘n groep atlete, ‘n sanggroep en drie persoonlike werkers. Atlete het ‘n tweeledige doel: eerstens hardloop, sing en gesels hulle Christus; en tweedens samel hulle fondse in vir Bybelmedia vir ‘n spesifieke Bybelstudiegids vir mense in gevangenis. Gedurende die toer word daar gewoonlik ook ‘n aantal tronke besoek en tree die groep op in die gemeentes waar die span oornag.
Kontakpersoon: Herlo Visagie
Telefoon: 074 148 6541
E-pos:
15413748@sun.ac.za