Ons moedig lidmate aan om, in ooreenstemming met Mal 3:10, self die inisiatief te neem om hulle dankoffers na die   gemeente toe te “bring”. Jy kan dit op verskillende maniere doen:

· Jy kan dit per aftrekorder doen. Dit het vir sowel jouself   as vir die gemeente die voordeel dat daar deurlopendheid is.
Ongelukkig aanvaar geen bank meer aftrekordervorms wat deur   die gemeente voorsien word nie. Jy moet dit dus met jou eie   bank reël. Indien jy jou banksake elektronies doen, kan jy   natuurlik jou aftrekorder self elektronies skep en aanpas   soos nodig.

· Jy kan jou bydrae gee deurdat jy self maandeliks die oorplasing elektronies doen of by die bank inbetaal.
Indien jy verkies om jou bydrae elektronies te doen, skryf asb in die blokkie by “Inskrywing op begunstigde se bankrekening”: Dankoffer

· Jy kan van die dankofferkoeverte gebruik maak waarin jy jou bydrae na die erediens toe bring. Reël dan met jou Dienswerker dat hy of sy jou gereeld sal voorsien van hierdie koeverte. Dit is ook by die kantoor beskikbaar.
Op die eerste Sondag in September vier die gemeente Dankfees. Die hele September is Dankfeesmaand en lidmate word aangemoedig om ’n spesiale dankoffer dan te gee.

Waarom Dankoffer Gee?

· Jy sê so dankie!
· Jy leer om van God afhanklik te lewe.
· Jy belê in God se Koninkryk en word `n vennoot daarin.
· Jy wys aan watter geloofsgemeenskap jy jouself verbind.

Wat Sê Die Bybel?

"Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief." (2 Kor. 9:7)

"Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. Julle gawe is voor God 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus." (Filip. 4:17,19)

"Wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het." (1 Kron 29:14)


Moedergemeente Bankbesonderhede

REKENINGNAAM: NG Kerk Stellenbosch
BANK: Nedbank (Business Winelands)
TAKKODE: 149821
REKENINGNOMMER (Tjek): 1498043232