LITURGIESE INKLEDING
|
INFORMELE MUSIEKBEDIENING
EREDIENSWERKGROEPE
LITURGIESE INKLEDING
Ons gemeente maak heelwat van simboliek in die eredienste, in ooreenstemming met die seisoen van die kerkjaar. Die behoefte is aan mense wat met hulle estetiese aanvoeling kan meehelp aan die inkleding van die liturgiese ruimte in die erediens.
Kontakpersoon: Elsje Beyers
Telefoon: 082 336 6551
E-pos:
beyerse@sun.ac.za
INFORMELE MUSIEKBEDIENING
Hierdie bediening is daarvoor verantwoordelik om die gemeente met hoë kwaliteit kontemporêre bedieningsmusiek te bedien.
Kontakpersoon: Wilken Calitz
Telefoon: 083 267 9225
E-pos:
wilken@moederkerk.co.za
EREDIENSWERKGROEPE
Die Eredienswerkgroepe kom elke Maandagmiddag vir een uur bymekaar. Die Sondag wat verby is se erediens word opbouend bespreek saam met die predikant wat dit gelei het. Daarna word saamgedink oor die volgende Sondag se fokusteks en in ‘n sin “saam preekgemaak”. Daar word verder nagedink oor al die verskillende aspekte van die liturgie en hoedat dit deurlopend verbeter kan word. Die Eredienswerkgroepe is nie vaste of geslote groepe nie, maar altyd oop vir enige lidmaat wat wil kom saamdink, saamgesels en saambid oor die gemeente se eredienste.
Kontakpersoon: Kerkkantoor
Telefoon: 021 883 3458
E-pos:
kantoor@moederkerk.co.za