VRYGEWIGHEIDSBEDIENING
|
VRUGTE-BEDIENING
VOEDINGSAKSIE
|
NAALDWERKPROJEK
MOEDERGEMEENTE BEURSFONDS
|
KOÖRDINERING
KAYAMANDI HUISBESOEKE
|
JOY BRACELET (WWW.JOYBRACELET.CO.ZA)
JEUGUITREIK
|
HABITAT FOR HUMANITY
GEVANGENIS-BEDIENING
|
ANNA FOUNDATION
VRYGEWIGHEIDSBEDIENING
‘n Bediening wat ‘n kanaal in stand hou waardeur mense artikels kan skenk wat dan deur die bediening gegee word waar dit nodig is. Die bediening het ‘n hele netwerk met die welsynsorganisasies en kerke op Stellenbosch en is sodanig in kontak dat hulle bewus is van spesifieke behoeftes.
Kontakpersoon: Amanda Visser
Telefoon: 021 886 4157 of 082 554 8589
E-pos:
mhv@icon.co.za
VRUGTE-BEDIENING
Tonne vrugte wat vir die uitvoermark bestem was, maar bv. weens skaafplekkies nie die kwaliteitskontrole deurstaan nie, gaan jaarliks verlore. Die vrugtebediening wil seker maak dat hierdie vrugte nie verlore gaan nie, maar vitamine gee waar dit nodig is.
Kontakpersoon: Petru du Plessis
Telefoon: 021 889 8888 of 082 960 8055
E-pos:
pdp@snowball.co.za
VOEDINGSAKSIE
Moedergemeente het ‘n besondere band met die Stellenbosch Voedingsaksie. Hierdie welsynsorganisasie voorsien al meer as 10 jaar voedsel op ‘n daaglikse basis op verskillende bedieningspunte in die gemeenskap. Wyke en indiwidue in die gemeente is beide op operasionele en bestuursvlak by hierdie aksie betrokke, onder meer met groenteverwerking, vervoer en bediening.
Kontakpersoon: Liesel Koen
Telefoon: 021 886 8986 of 071 322 0747
E-pos:
lieselkoen@gmail.com
NAALDWERKPROJEK
Die Naaldwerkprojek is ‘n gesamentlike projek van Moedergemeente en Stellenbosch-gemeente. Dit fokus op die opleiding van vroue in Kayamandi. Hulp word benodig vir die aanbied van kursusse of ondersteuning op verskillende vlakke.
Kontakpersoon: Jo-Marié Claassen
Telefoon: 021 883 2956
E-pos:
jmc@adept.co.za
MOEDERGEMEENTE BEURSFONDS
Die Moedergemeente Beursfonds raak betrokke by leerders van Kayamandi hoërskool. Leerders word identifiseer wat hulp met skoolfonds benodig en daaruit groei verhoudinge. Tans ondersteun die gemeente ook 8 studente uit Kayamandi by verskillende universiteite, wat volg uit ons vroeëre betrokkenheid by hulle sekondêre opvoeding.
Kontakpersoon: Jo-Marié Claassen
Telefoon: 073 441 9370
E-pos:
jmc@adept.co.za
KOÖRDINERING
Die gemeenskapsbediening vorm ‘n netwerk met al die gemeenskaps-organisasies op die dorp via die Stellenbosch Welsynsorganisasie Koördineringskomitee (SWOKK) en dupliseer nie werk wat reeds gedoen word nie. Daarby gaan ons gemeenskapsbediening ook vennootskappe aan met ander gemeentes en denominasies. Waar ‘n bepaalde behoefte bestaan waar nog geen werk gedoen word nie, sal Moedergemeente inisiatief neem.
Kontakpersoon: Henko Janse van Rensburg
Telefoon: 083 698 1966
E-pos:
bond@moederkerk.co.za
KAYAMANDI HUISBESOEKE
Hierdie bediening koördineer huisbesoeke in Kayamandi saam met 'n maatskaplike werker van Kindersorg aan mense wat by Kindersorg vir hulp aanmeld. Met 'n holistiese benadering word na die situasie gekyk, soms voorstelle gemaak, hulp aangebied en gewoonlik 'n kospakkie gegee. Wat die inhoud van die kospakkies betref is baie raad eers ingewin en dit word deur spesifieke gemeente bydraes befonds.
Kontakpersoon: Audrey van Wijk
Telefoon: 082 294 1813
E-pos:
audreyvanwijk@gmail.com
Joy Bracelet (www.joybracelet.co.za)
Die Vreugde armbandjie-projek is gebore uit dankbaarheid (lees die storie op ons webwerf). Die armbandjie is ontwerp as ‘n herinnering om die vrugte van die Gees uit te leef. Dit is ‘n bediening wat werk skep sowel as wyd en syd bemoedig.
Kontakpersoon: Nelia Hoogenhout
Telefoon: 082 340 5954
E-pos:
nelia.h@absamail.co.za
JEUGUITREIK
Moedergemeente is intensief betrokke by alle fases van hierdie projek wat vir straatkinders ‘n kans op die lewe wil gee en hulle wil herintegreer in die gemeenskap.
Kontakpersoon: Maarten Ackermann
Telefoon: 083 503 3293
E-pos:
maartena@citadel.co.za
HABITAT FOR HUMANITY
Hierdie is 'n Christen-organisasie wat in samewerking met die gemeenskap daarna streef om sub-standaard behuising te elimineer. Habitat maak gebruik van vrywilligerarbeid van sowel binne as buite die gemeenskap om die huise te bou. Só word die boukoste laag gehou en dien Habitat as voertuig om mense van oraloor bymekaar te bring en 'n noemenswaardige verskil in 'n familie se lewens te maak.
Kontakpersoon: Marlize Schoeman
Telefoon: 084 671 0129
E-pos:
marlize.schoeman@gmail.com
GEVANGENIS-BEDIENING
Die gevangenisbediening reik uit na die plaaslike gevangenis. Daar is amptelik goedgekeurde samewerking met die Departement Korrektiewe Dienste. Gemeenskapsteater, bybelstudiegroepe, bidure en eredienste is van die uitreikgeleenthede wat benut word.
Kontakpersoon: Lukas van Kradenburg
Telefoon: 082 940 4990
E-pos:
elnavk@yahoo.com
ANNA FOUNDATION
ANNA FOUNDATION doen holistiese en opvoedkundige programme met kinders op plase in die Stellenbosch omgewing. Die programme bestaan sentraal uit die 3 R’e: “Reading, Running en Right-ing”. Laasgenoemde behels lewensvaardigehede wat kinders nodig het vir die lewenspad.
Kontakpersoon: Carolyn Clark
Telefoon: 021 885 1922
E-pos:
info@annafoundation.com