Orrel
Die eerste orrel is in 1801 voltooi en het goeie dienste vir ongeveer 20
jaar gelewer, totdat dit begin verroes het. Die tweede orrel is geskenk
deur die Groote Kerk in Kaapstad en is na twee jaar se onaangenaamheid
om dit te verskuif na Stellenbosch, is dit in 1832 in gebruik geneem.
Na 'n tyd het die toestand van hierdie tweedehandse orrel so sorgwekkend
geword dat die gemeente begin kollekteer het vir die aankoop van 'n
nuwe, en in 1853 is die mooi som van 218 Pond reeds ingesamel. Aangesien
'n nuwe orrel ongeveer 730 Pond sou kos, het dit wel nog twee jaar geneem
om die nodige fondse te verkry en die orrel van Engeland af bestel.
Interessant genoeg het die skip waarmee die orrel na Suid Afrika gestuur
is, gestrand op die kus van Frankryk, maar aangesien die goedere verseker
was, en gedeeltes van die orrel gered is, hoef sleg die gedeeltes wat
ontbreek of deur seewater beskadig is vervang te word. Hierdie orrel
is in 1858 in gebruik geneem en weens die grootte daarvan, moes dit
agter die preekstoel staan tot die voltooiing van die nuwe kerkgebou
in 1863, toe dit op sy regmatige plek op die galery ingebou is. Die
orrel is in 1953 vervang deur die huidige veel groter instrument en
is feestelik ingewy op Hervormingsfees in 1953. Die sierlike mahonie-pypkas
en frontpanele van die ou orrel van 1858 is egter behou.
Verdere Inligting
Verdere inligting in verband met die geskiedenis van die Moedergemeente Stellenbosch
kan verkry word in die publikasie "Drie Eeue van Genade" onder redaksie van
prof FC Fensham (1986) wat vir `n nominal bedrag by die kerkkantoor beskikbaar
is. 'n Ouer, skaarser, maar meer volledige publikasie is "Die kerk van Stellenbosch"
geskryf deur A.M. Hugo en J. van der Bijl (1963). Die boek is egter uit druk.
Daar is ook ander gedrukte materiaal met 'n historiese tema by die Kantoor
beskikbaar. Voorbeelde hiervan is die brosjure van Moedergemeente in Afrikaans,
Engels, Duits, Frans en Italiaans en poskaarte van die gekleurde glasvensters.
Lees gerus:
Volume 1 van
PALMA
, die bulletin van die Historiese Bediening/ Historiese Genootskap van Moedergemeente.
Volume 2 van
PALMA
Volume 3 van
PALMA
Die kurator is Johan Krige [e-pos :
info@caledonvilla.co.za
021 883 8445] en klerk is Robbie Reinecke [e-pos :
profrob@mweb.co.za]
Ander lede is Ode Krige, Marina Kotze, Ockert Malan, Hannes Theron, Lukas Muntingh, Nico Gey van Pittius, Pietman Retief en Sarita Loots.
|
|
|