TOERISTEBEDIENING
|
MOSAMBIEK
MALEISIË
|
LESOTHO
INTERNASIONALE STUDENTE BEDIENING
|
FREE TO SERVE
TOERISTEBEDIENING
Hierdie bediening neem diensbeurte waar in die kerkgebou veral in die toeriste-seisoen met die oog op die begeleiding van besoekers om aan hulle inligting oor die historiese erfenis te gee, spontane berading waar nodig en die beskikbaarstelling van toepaslike historiese en geestelike literatuur
Kontakpersoon: Hannes Theron
Telefoon: 021 887 8963
MOSAMBIEK
Die Mosambiekbediening bestuur die gemeente se uitreik met die Evangelie in Mosambiek spesifiek in Chiconono. Die Yao-volk wat in daardie gebied woon, is Moslems en dit is daarom ‘n baie uitdagende bediening. Die eerste groep bekeerlinge is in September 2003 gedoop. Vanuit Chiconono het die Evangelie die afgelope jare ook versprei na onder andere Muembe en Mavago, waar daar reeds “buiteposte” is. Die visie van die Mosambiekbediening is die vestiging van ‘n onafhanklike kerk onder die Yao-volk.
Kontakpersoon: Marida van der Merwe
Telefoon: 021 887 2577 of 082 374 9909
E-pos:
marida@hvm.cc
MALEISIë
Hierdie bediening is namens die gemeente betrokke by ds Hans Combrink en sy gesin wat in Maleisië werk. Hy werk onder beskerming van Wycliff Bybelvertalers en is besig om, saam met die plaaslike kerk, die Bybel te vertaal in ‘n taal wat deur baie mense gepraat word, maar waarin daar nog geen Bybelvertaling is nie. Wat die werk so uitdagend maak is dat daar selfs nog nie ‘n alfabet vir die betrokke taal is nie en dat die op skrif stel van hierdie alfabet die eerste fase van die Bybelvertaling is.
Kontakpersoon: Mias vd Westhuizen Jnr
Telefoon: 082 920 5841
E-pos:
effective@proloanl.co.za
LESOTHO
Ds August Basson en sy gesin werk op Tebellong. Hulle getuig van wonderlike seën op hulle werk en veral dat die gemeente groei! Groot sukses word ook ervaar met hulle jeugbediening. Evangelis Joshua Letlala behartig hierdie jeugbediening en word, finansieel en met gebed ondersteun.
Kontakpersoon: Jan van Zyl
Telefoon: 082 871 3155
E-pos:
jan@moederkerk.co.za
INTERNASIONALE STUDENTE BEDIENING
Op die Stellenbosch kampus is 2 500 internasionale studente van 80 lande. Hulle is hoofsaaklik nagraadse studente tussen 30 en 40 jaar oud. Baie kom uit geslote lande vir die evangelie en is toekomstige leiers. Jurie en Magdaleen Goosen reik na hulle uit. Hulp word benodig met die volgende aktiwiteite:
(i) Die ondersteuningsgroep vir vroue van internasionale studente (dames kan help met vervoer, verskaf van eetgoed en help met aanbied van “crafts”)
(ii) Bybelstudie vir studente (help met vervoer en eetgoed)
(iii) Naweek- en vakansie-uitstappies en kampe
(iv) Neem 'n student aan en stap 'n pad met hulle
(v) Hulp word ook benodig met aanleer van Engels
(vi) Voorbidding
(vii) Geldelike bydraes tot die bediening.
Kontakpersoon: Hardus Scheepers
Telefoon: 083 289 0438
E-pos:
15302695@sun.ac.za
FREE TO SERVE
Johann en Elna Snyman is lidmate van die gemeente betrokke by die Free to Serve sendingorganisasie wat na Indië en ook plaaslik in die RSA uitreik.
Kontakpersoon: Johann Snyman
Telefoon: 021 887 2657 of 082 575 7101
E-pos:
johanns@freetoserve.co.za