JONG GETROUDES
|
HUWELIKSVOORBEREIDING
FAMILIEBEDIENING
JONG GETROUDES
Jong getroudes gaan op huweliksverrykings-naweke en vorm omgeegroepe waarin hulle mekaar versorg. Geleenthede word geskep waar jong getroudes mekaar kan leer ken, ervarings omtrent die huwelik met mekaar kan deel en saam kan groei in hul huwelike. Die vorm van kleingroepe waarin jong getroudes mekaar kan versorg, toerus en aanspoor geniet hoë prioriteit.
Kontakpersoon: Huba Boshoff
Telefoon: 084 245 1514
E-pos:
huba@sun.ac.za
HUWELIKSVOORBEREIDING
Huweliksvoorbereidingskursusse word aangebied waar voornemende paartjies geleentheid gebied word om met ander in dieselfde posisie vriendskappe te vorm, verwagtinge met mekaar te deel en vaardighede aan te leer vir suksesvolle huwelike. Die kursus strek oor 7 weke en word op ‘n Donderdagaand van 19:00 tot 21:00 aangebied, gewoonlik gedurende Augustus/September. Die onderwerpe wat gedek word sluit in “Leaving and cleaving”, rolle in die huwelik, finansies, persoonlikhede (insluitend afneem van Myers-Briggs toetse op deelnemers en bespreking daarvan), kommunikasie en konflik, seksualiteit en geestelike intimiteit.
Kontakpersoon: Tertius de Wet
Telefoon: 083 625 0505
E-pos:
tdewet@sun.ac.za
FAMILIEBEDIENING
Hierdie bediening koördineer inisiatiewe in die gemeente wat gesinne toerus en ondersteun en van Moedergemeente ‘n familie-vriendelike gemeente maak. Hierdie inisiatiewe sluit in toerustingsgeleenthede soos die Positiewe Ouerskap en Familiegewoontes kursusse en die ontwikkeling van familie-omgeegroepe.
Kontakpersoon: Jan van Zyl
Telefoon: 021 887 5020
E-pos:
jan@moederkerk.co.za