TIENERBEDIENING
|
SENIOR KATEGESE
KOSHUISSELGROEPE
|
KLEUTERKERK
JUNIOR KATEGESE
|
BELYDENISGROEP
BABAKERK
TIENERBEDIENING
Ons gemeente het ‘n gesamentlike tienerbediening met Welgelegen-gemeente. Sondae-aande is Tienerkerk by Welgelegen. Die tienerbediening ontwikkel ook toerustingsgeleenthede vir die tieners, ‘n avontuurbediening en hou tienerkampe op ‘n gereelde basis. Daar is Donderdae-aande 'n Koffiekroeg in die Hofmeyrsaal.
Kontakpersoon: Niel Steyn
E-pos:
niel@moederkerk.co.za
SENIOR KATEGESE
Grade 4 tot 6 kom in die Hofmeyrsaal bymekaar tydens die erediens - die Seniorkerk begin reeds 9:30. Ouers kry die kinders weer na die erediens.
Die kategesegroepe vir grade 7 tot 10 kom tydens die oggenddienste in die Hofmeyrsaal bymekaar.
Kontakpersoon: Dubois du Toit
Telefoon: 082 723 5451
E-pos:
dubois@moederkerk.co.za
KOSHUISSELGROEPE
Studente en werkende jongmense lei selgroepe in Paul Roos en Bloemhof se koshuise.
Kontakpersoon: Niel Steyn
E-pos:
niel@moederkerk.co.za
KLEUTERKERK
Gedurende die skoolkwartale word daar elke Sondagoggend gedurende die erediens ‘n Kleuterkerk gehou vir voorskoolse kinders van ouderdom 2 jaar af. Ma’s help met die toesig en aktiwiteite om ook op so ‘n wyse vir die kinders vroeg al wonderlike ervarings met Jesus te gee. 2 - 3 jariges en 4 - 5 jariges kom in twee afsonderlike groepies bymekaar.(ii) Bybelstudie vir studente (help met vervoer en eetgoed)
(iii) Naweek- en vakansie-uitstappies en kampe
(iv) Neem 'n student aan en stap 'n pad met hulle
(v) Hulp word ook benodig met aanleer van Engels
(vi) Voorbidding
(vii) Geldelike bydraes tot die bediening.
Kontakpersoon: Thea Theron
Telefoon: 021 887 8484
E-pos:
et3@sun.ac.za
JUNIOR KATEGESE
Grade 1 tot 3 kom in die Hofmeyrsaal bymekaar tydens die erediens. Die Juniorkerk begin reeds 9:30. Ouers kry die kinders weer na die erediens
Kontakpersoon: Arina Coetzee
Telefoon: 072 431 2719
E-pos:
arina@moederkerk.co.za
BELYDENISGROEP
Die graad 11 belydenisgroep word deur Johan van der Merwe en Richard van Wyk gelei in 'n soort "Bybelskool"-formaat. Die groep word in kleiner groepies verdeel met jong volwasse "mentors" wat 'n pad met 5-7 van die jongmense stap. Die groep kom Woensdae 18:00 in die Hofmeyrsaal bymekaar.
Kontakpersoon: Jan van Zyl
Telefoon: 082 871 3155
E-pos:
jan@moederkerk.co.za
BABAKERK
Babas word tydens die oggend-eredienste in ‘n goed-toegeruste ruimte agter die kerk opgepas sodat ouers met gemoedsrus kan kerk toe gaan. Hierdie bediening se droom is om kinders van geboorte af al tuis te laat voel in Moedergemeente as ‘n liefdevolle geloofsgemeenskap.(i) Die ondersteuningsgroep vir vroue van internasionale studente (dames kan help met vervoer, verskaf van eetgoed en help met aanbied van “crafts”)
(ii) Bybelstudie vir studente (help met vervoer en eetgoed)
(iii) Naweek- en vakansie-uitstappies en kampe
(iv) Neem 'n student aan en stap 'n pad met hulle
(v) Hulp word ook benodig met aanleer van Engels
(vi) Voorbidding
(vii) Geldelike bydraes tot die bediening.
Kontakpersoon: Ilana Kilian
Telefoon: 082 452 8527
E-pos:
ilanak@vodamail.co.za