WEBSITE-BEDIENING
|
SMS-BEDIENING
KLANKBEDIENING
|
KANTOORSTELSELS
INTERNASIONALE BEDIENING — MOEDERGEMEENTE WÊRELDWYD
|
GRAFIESE BEDIENING
GEMEENTEBLAD
|
ELEKTRONIESE NUUSBRIEF
DVD-TOERUSTING EN BIBLIOTEEK
WEBSITE-BEDIENING
Die gemeente se webwerf is ‘n aktiewe kommunikasiekanaal in die gemeente en na buite. Die visie van die bediening, in lyn met die gemeente-visie, is om vir God ‘n elektroniese stroom van Lewende Water te wees! Daar is by hierdie bediening voortdurend behoefte aan mense wat administratief en tegnies kan hulp verleen om hierdie kragtige medium in stand te hou en te ontwikkel.
Kontakpersoon: Emmerentia Jacobs
Telefoon: 083 238 3023
E-pos:
emmerki@gmail.com
SMS-BEDIENING
Die gemeente kommunikeer ook per SMS met lidmate. Hierdie bediening behartig die logistieke ondersteuning van hierdie kommunikasie-medium.
Kontakpersoon: Maritha Kotze
Telefoon: 021 883 3458
E-pos:
kantoor@moederkerk.co.za
KLANKBEDIENING
Die klankbediening is verantwoordelik vir die instandhouding en bedryf van die klankstelsel in die kerk (wat ook die twee tehuise vir bejaardes, Utopia en Azaleahof, insluit) asook die opneem, redigering en verspreiding van die eredienste op CD. Verder word daar voorsiening gemaak vir die opneem van spesiale geleenthede soos troues, begrafnisse en orreluitvoerings.
Kontakpersoon: Jan-Albert Koekemoer
Telefoon: 083 461 6643
E-pos:
jak@sunspace.co.za
KANTOORSTELSELS
Om die bediening van en in die gemeente in ‘n moderne tegnologiese samelewing en wêreld effektief te laat verloop, is dit noodsaaklik dat veral elektroniese stelsels deurlopend verbeter word en optimaal funksioneer. Lidmate wat by hierdie bediening betrokke is wend die gawes en kundigheid wat die Here hulle veral ten opsigte van die tegnologie gegee het aan om die gemeente hiermee by te staan. So lewer hulle ‘n wesenlike bydrae dat die Rivier van Lewende Water ook altyd elektronies kan bly vloei.
Kontakpersoon: Jan Louw
Telefoon: 083 289 4899
E-pos:
jlo@sun.co.za
INTERNASIONALE BEDIENING — MOEDERGEMEENTE WÊRELDWYD
Ten opsigte van mense wat tydelik in die buiteland is, wil ons graag 'n virtuele geloofsgemeenskap wees, terwyl jy dit nie daar het nie. Vir mense wat meer permanent in die buiteland vestig wil ons ondersteuning bied en help met die vind van 'n plaaslike geloofsgemeenskap waar jy jou roeping kan uitleef. Die webwerf, e-pos, Skype en al wat ‘n tegnologiese vooruitgang is, word hiervoor aangewend.
Kontakpersoon: Kerkkantoor
Telefoon: 021 883 3458
E-pos:
kantoor@moederkerk.co.za
GRAFIESE BEDIENING
Hierdie bediening bestaan uit mense wat vaardig is met grafiese ontwerp of bladuitleg en kan help om al die kommunikasiestukke in die gemeente te ontwerp.
Kontakpersoon: Nikki Meyer
Telefoon: 074 293 3583
E-pos:
meynikki@gmail.com
GEMEENTEBLAD
Die gemeenteblad verskyn op ‘n kwartaallikse basis. Die blad wil ‘n oorsig gee oor wat die Here in en deur Moedergemeente doen. Die behoefte is hier deurlopend aan mense wat kan help met die insameling van inligting en die uitleg op die rekenaar.
Kontakpersoon: Jo-Marié Claassen
Telefoon: 073 441 9370
E-pos:
jmc@adept.co.za
ELEKTRONIESE NUUSBRIEF
Die e-nuus kom maandeliks uit met vars bedieningsgetuienisse en -inligting.
Kontakpersoon: Gerrit Loots
Telefoon: 021 883 3458
E-pos:
gerrit@moederkerk.co.za
DVD-TOERUSTING EN BIBLIOTEEK
Die gemeente beskik oor moderne en mobiele DVD-toerusting wat deur ander bedieninge uitgeleen kan word vir diverse gebruike, bv. die wys van geestelike films op plase. Goeie geestelike leesstof is ook op uitleenbasis beskikbaar.
Kontakpersoon: Elaine Hamman
Telefoon: 021 883 3458
E-pos:
elaine@moederkerk.co.za