Hierdie bediening ontwikkel ‘n gawegerigte bedieningskultuur in die gemeente. Die visie van die Netwerkbediening is om elke lidmaat te begelei om sy/haar unieke roeping uit te leef in en deur die gemeente as liggaam van Christus, sodat die Lewende Water sal vloei van die Bron na die nood.
KURSUSAANBIEDING
|
FASILITERING
KURSUSAANBIEDING
Die Ontdek Jou Plek kursus word op ‘n gereelde basis in die gemeente aangebied. Dit is die “Ontdekkingsfase” van die Netwerk proses waartydens lidmate hulle eie “Dienaarsprofiel” ontdek in terme van hulle persoonlike passies, gawes en styl. Lidmate met die gawe van onderrig kan help om hierdie kursusse aan te bied. Die behoefte is egter ook aan fasiliteerders wat in die kleingroepe tydens die kursus bietjie leiding kan gee.
Kontakpersoon: Ludolph Botha
Telefoon: 083 633 3481
E-pos:
hlb@sun.ac.za
FASILITERING
As bedieninge nie duidelikheid het oor hulle visie en strategie nie, is hulle ook nie in staat om nuwe vrywilligers sinvol in te skakel nie. Daarom help die Netwerk-bediening ander bedieninge om duidelikheid te kry oor hulle visie, strategie en spanfunksionering. ‘n Span netwerkers is aan dié bediening toegewys.
Kontakpersoon: Herman van der Merwe
Telefoon: 082 577 7038
E-pos:
herman@hvm.cc