Wat beteken lidmaatskap van Moedergemeente?
Ons visie om as gemeente ‘n Rivier van Lewende Water te wees, het implikasies vir hoe ons dink oor lidmaatskap:
Ons verstaan lidmaatskap nie
-as ‘n bloot formele of historiese verbintenis aan die NG Kerk nie
-dat ek lidmaat van die gemeente is bloot omdat ek by ‘n bepaalde adres woon nie
Ons verstaan lidmaatskap eerder
-as ‘n keuse wat ek maak om my Christenskap en roeping deur hierdie gemeente uit te leef
-as ‘n verbintenis wat ek maak om betrokke te wees in die gemeente en
-om my diensbaarheid aan die Here in die gemeente in die samelewing uit te leef
Ons doel as gemeente
-is nie bloot om ‘n klompie gemeente-aktiwiteite in stand te hou of uit te bou nie
-maar is om as gelowiges en as gemeente in die krag van die Gees regtig ‘n verskil te maak in die samelewing
-waarin die Here ons geplaas het, sowel persoonlik as gesamentlik
Vir meer inligting oor die gemeente vir nuwe lidmate, kliek
hier.
Kry die Nuwe Lidmaat vorm
hier.