WELKOM-BEDIENING
|
SENIOR BEDIENING
PROFESSIONELE BEDIENING
|
ONDERSTEUNINGSGROEP VIR DEPRESSIE EN ANGS
NUWE LIDMATE ("GROETGROEP")
|
NUTSMAN-BEDIENING
KLEINGROEPE
|
JONG WERKENDES
HOSPITAALBEDIENING
|
GEBEDSBEDIENING
GEBEDSBEDIENING
|
GAY GESPREKSGROEP
WELKOM-BEDIENING
Hierdie bediening verwelkom mense in samewerking met die eredienswerkers Sondae-oggende en –aande by die eredienste.
Kontakpersoon: Kerkkantoor
Telefoon: 021 883 3458
E-pos:
kantoor@moederkerk.co.za
SENIOR BEDIENING
Hierdie bediening is nie net daarop ingestel om die groot getal seniors in die gemeente te ondersteun en geestelik te versorg nie. Dit gaan ook daarvan uit dat juis seniors baie het wat hulle kan bied. Die Senior Bediening strewe daarna om dit al beter te ontsluit en sodoende vir senior lidmate die geleentheid te gee om die gemeente en die gemeenskap te dien met die gawes wat die Here vir hulle gegee het.
Kontakpersoon: Wynand Nel
Telefoon: 082 901 5877
E-pos:
wynand@moederkerk.co.za
PROFESSIONELE BEDIENING
Lidmate met professionele kwalifikasies bied ’n aantal ure gratis aan as 'n bediening aan ander in nood. Dit geskied op 'n konfidensiële stelsel van verwysings deur die predikante.
Kontakpersoon: Kerkkantoor
Telefoon: 021 883 3458
E-pos:
kantoor@moederkerk.co.za
ONDERSTEUNINGSGROEP VIR DEPRESSIE EN ANGS
Hierdie ondersteuningsgroep is vir mense wat al moes worstel met depressie of angs. Die groep kom gereeld bymekaar en bespreek lewensvaardighede wat kan help om ‘n vreugdevolle lewe te lei.
Kontakpersoon: André Kilian
Telefoon: 082 320 1784
E-pos:
andre@moederkerk.co.za
NUWE LIDMATE ("GROETGROEP")
Hierdie groep verwelkom nuwe lidmate in die gemeente en help met inskakeling in die gemeente en tuiskoms op Stellenbosch.
Kontakpersoon: Kerkkantoor
Telefoon: 021 883 3458
E-pos:
kantoor@moederkerk.co.za
NUTSMAN-BEDIENING
Die nutsman-bediening is ‘n bediening wat praktiese hulp verleen om ‘n verskil in indiwidue se lewens te maak, wat andersins nie die middele sou hê om hulle lewenskwaliteit op hierdie wyse te verbeter nie. Die bediening ondersteun ook ander bedieninge met infrastruktuur. Die bediening beleef in ooreenstemming met Eks 35:30-35 dat die Here se Gees ook gawes in hierdie verband gee waarmee sy Koninkryk gedien kan word.
Kontakpersoon: Albert Basson
Telefoon: 082 782 0338
E-pos:
bassona@blaauwklippen.com
KLEINGROEPE
Ons wil ‘n gemeente van kleingroepe wees. Daar skaaf ons mekaar tot meer getroue volgelinge en beelddraers van Christus. Daar ondersteun ons, bid ons vir mekaar en raak ons diensbaar in God se wêreld.
Kontakpersoon: Marié Britz
Telefoon: 084 515 1629
E-pos:
marie@moederkerk.co.za
JONG WERKENDES
Werkende jongmense maak ‘n groot deel uit van Moedergemeente. Die kern van hierdie bediening is die kleingroepe waarin werkende jongmense weekliks mekaar versorg, toerus en aanspoor tot diens in die Here se Koninkryk.
Kontakpersoon: Kotzé Olivier
Telefoon: 076 911 1930
E-pos:
kotze@moederkerk.co.za
HOSPITAALBEDIENING
Hierdie bediening bemoedig siek mense. Almal wat belangstel om hierdie bediening te beoefen, word opgelei. Die groep kom ook gereeld byeen om mekaar te ondersteun en idees oor die effektiwiteit van die bediening te bespreek.
Kontakpersoon: Merinda Lambrechts
Telefoon: 083 666 6004
E-pos:
merinda@wam.co.za
GEBEDSBEDIENING
‘n Gemeente kan net werklik kerk van Christus wees as die fondament gebed is. Die visie van hierdie bediening is dan ook: Gebed – die lewe van elke aksie in Moedergemeente. Daar word gepoog om `n netwerk daar te stel wat elke wyk, bediening, vergadering, behoefte en aksie van die gemeente oorkoepel met gebed.
Kontakpersoon: Nelia Hoogenhout
Telefoon: 082 340 5954
E-pos:
nelia.h@absamail.co.za
GEBEDSBEDIENING
‘n Gemeente kan net werklik kerk van Christus wees as die fondament gebed is. Die visie van hierdie bediening is dan ook: Gebed – die lewe van elke aksie in Moedergemeente. Daar word gepoog om `n netwerk daar te stel wat elke wyk, bediening, vergadering, behoefte en aksie van die gemeente oorkoepel met gebed.
Kontakpersoon: Wilken Calitz
Telefoon: 083 267 9225
E-pos:
wilken@moederkerk.co.za
GAY GESPREKSGROEP
Mense worstel dikwels met hul seksuele oriëntasie in isolasie en eensaamheid en voel dikwels op die rand van die kerk. Hierdie is ‘n gespreksgroep waar mense kan groei tot meer begrip - in ‘n veilige ruimte, saam vrae vra en kan luister na mekaar se verhale.
Kontakpersoon: André Kilian
Telefoon: 082 320 1784
E-pos:
andre@moederkerk.co.za