03 Feb 2016

Fakature Kosterpos

0 Comment

Vakature:  Koster Moederkerk

Ons wag hiermee aansoeke in vir die pos van “Koster: Moederkerk”.  Die suksesvolle kandidaat sal diens aanvaar op 1 Maart 2016.

Pligte: Die logistieke ondersteuning van Moederkerk se eredienste en ander byeenkomste in die Moederkerk-gebou, die Hofmeyrsaal en die Kerkhuis

Werksure:  Sondae 07:30-11:30 en 17:30-20:30 en ad hoc beskikbaarheid gedurende die week vir reëlings rondom eredienste en spesiale geleenthede in Moederkerk, Hofmeyrsaal en Kerkhuis.  Troues en begrafnisse word apart gereël en ekstra vergoed soos ooreengekom.

Vergoeding:  Op aanvraag beskikbaar

Vereistes:

  • Beskikbaarheid oor naweke
  • Goeie menseverhoudinge en ’n aanvoeling vir openbare skakeling
  • Gerigtheid op detail en vermoë om take te beplan, te skeduleer en af te handel
  • Basiese rekenaarvaardigheid, tweetaligheid en kennis van klankstelsels (of ’n goeie aanvoeling vir tegnologie) sal aanbevelings wees.

Stuur aansoeke met ’n kort CV en twee referente voor 19 Februarie na kantoor@moederkerk.co.za.

[top]